Operasie Condor

Kaart  van die State wat aan Operasie Condor deelgeneem het. Groen: hoof aktiewe lede. Liggroen: minder aktiewe lede. Blou: Verenigde State (samewerking).

Operasie Condor (Spaans: Operación Cóndor, ook bekend as Plan Cóndor; Portugees: Operação Condor) was 'n veldtog van politieke onderdrukking en staatsterreur wat deur die Verenigde State gesteun is. Dit het intelligensie-operasies en sluipmoorde op opponente behels, wat amptelik en formeel in November 1975 deur die regse diktatorskappe van die Suidelike Deel van Suid-Amerika geïmplementeer is.

Tydens die bewind van die Amerikaanse presidente Richard Nixon en Gerald Ford en hul minister van buitelandse sake, Henry Kissinger, het 'n aantal militêre regimes met die hulp van die Withuis aan bewind gekom in Suid-Amerika. Dit het alles te doen met aktiewe linkse bewegings, opstandig en nie-gewelddadig nie, wat aktief was in Suid-Amerika.

Op inisiatief van die Chileense president Augusto Pinochet het verteenwoordigers van Chili, Argentinië, Brasilië, Bolivië, Paraguay en Uruguay in November 1975 vergader. Die Verenigde State was ook verteenwoordig, terwyl die leierskap by Manuel Contreras, hoof van die Chileense geheime polisie DINA, berus het.

Die belangrikste gevolg van die samewerking was die uitlewering deur polisie, geheime dienste en weermageenhede van vlugtende "ondermynende elemente" na hul vaderland. Operasie Condor het hoogswaarskynlik gelei to die dood van duisende andersdenkendes.

Die operasie is 'n geruime tyd geheim gehou, maar onder die presidentskap van die opvolger van Ford, Jimmy Carter, het die Central Intelligence Agency (CIA) op versoek van die Amerikaanse kongres dokumente oor sy betrokkenheid gepubliseer. In 1992 is 'n aantal argiewe van Condor in 'n polisiekantoor in die Paraguayaanse hoofstad Asunción gevind.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search